Monday 27 June 2011

Maggie de Beer...

EK DINK VANDAG AAN JOU.....
More by Bok,

Ek sit hier en kan weereens nie glo dat dit vandag ‚n jaar is dat ons Markie weg is nie.

Ek het nog nie eers die feit dat hy dood is verwerk nie – gladnie gesond nie – maar dit voel letterlik soos gister – ek kyk gisteraand na hom op sy page, en mens kan nie glo dat so ‚n beautiful mens weg is nie – life is just so unfair!

Ek kan net dink hoe seer is jou hart vandag Pappa – en ek is so bly dat julle darem soveel goeie jare saam gehad het vir jou om te onthou.

Jy sal heel dag in my gedagtes wees – ek hoop jy gaan OK wees?

Ek het (dumbass) my foon by die huis gelos – so skryf maar vir my ‘n mail – ek sal dit later vanoggend kry – ek gaan nou van 8 uur af in ‘n meeting.

Ek weet nie hoe jou gemoed is nie Bok – wil jy alleen wees, of sal ons vanaand miskien ietsie gaan eet – laat my weet, en ek pas daarby aan.

Ek wil ook se dat daar nie ‘n dag verby gaan dat ek nie dankbaar is dat jy weer in my lewe is nie – love you lots!

Tare care my lam, laat my weet wat jy wil doen, en weereens, jy is vandag in my gedagtes.

Lovies,

Mamma

No comments:

Post a Comment