Saturday 27 August 2011

Lirieke - Tussen Woorde - Juanita du Plessis...

Tussen woorde lê daar soveel dankbare ure
Tussen woorde vlieg my drome reg deur die mure
En ek weet ek is niks sonder jou

Hier lê die drome
Hier lê die woorde
Hier lê die strale van die son waarin ek is
Soveel lliefde om te gee
Soos die branders van die see
Wat van al my drome wis

Hier lê die spore
Hier lê die name
Hier lê die harte wat my woorde verder dra
En my hart wil dankie sê
Dat ek hierdie droom kan hê
Soveel meer as wat ek vra

Koor:

Tussen woorde lê daar soveel dankbare ure
Tussen woorde vlieg my drome reg deur die mure
En ek weet ek is niks sonder jou wat
saam my drome bou
En wie my vashou
In jou oë is die rede dat ek sing in die duister
As jy lag kan ek hoor hoe al die engele fluister
Wat my hart vir jou wil sê
Het in die stiltes tussen woorde gaan lê

Hier lê die ligte
Hier lê die sterre
Hier lê die ritme wat my verder lei
Wat ek hoor en wat ek sien
Hoe kan ek dit ooit verdien
Hierdie wonderwerk vir my

Hier lê die saamwees
Hier lê die liedjies
Hier lê die hande wat my hart se snare raak
En my siel wil sing vir jou
En my hart wil jou omvou
Jy’t my lewe laat ontwaak

Koor x 2

Brug

Wat my hart vir jou wil sê
Het in die stiltes tussen woorde gaan lê

No comments:

Post a Comment